Olimpiese Somerspele 2032

Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
Spele van die XXXVe Olimpiade
Olimpiesespele van 2032

Gehou in Brisbane, Australië
Deelnemende lande
Deelnemende atlete 10 500
Items 329 in 32 sporte
Openingseremonie 23 Julie 2032
Sluitingseremonie 8 Augustus 2032
Amptelik geopen deur Goewerneur-generaal van Australië (verwag)
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlam
Vorige Spele 2028: Los Angeles (VSA)
Volgende Spele 2036: nog nie bekend nie

Die Olimpiese Somerspele 2032 (Engels: 2032 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXXVste Olimpiade, sal tussen 23 Julie en 8 Augustus 2032 in Brisbane, Australië, aangebied word. Dit sal die 35ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896 wees. Dit sal ook die derde keer wees dat Australië die spele organiseer na hulle eerste spele in 1952 in Melbourne en 2000 in Sydney. Verder sal dit die vierde Olimpiese Somerspele in die Suidelike Halfrond wees, ná die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro, Brasilië.

The Gabba-krieketveld sal as Olimpiese Stadion vir die Olimpiese Somerspele 2032 dien

Die opening- en sluitingseremonies sal in The Gabba-krieketveld in Brisbane plaasvind. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland die eerste en die gasheer Australië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.

Die Paralimpiese Somerspele 2032 sal in Brisbane gehou word.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy